Studente en jong werkende bediening

Skuilkrans het 'n lekker bediening wat gefokus is op naskoolse jongmense. "Jongmens" se definisie is relatief en daar is geen ouderdom daaraan gekoppel nie. As jy voel jy is jonk van gees en vol energie, is hierdie groepe vir jou. Omdat dinge dikwels lekker rof gaan met die swottings of met werkery, kom ons elke tweede Donderdagaand bymekaar. Daar is 'n paar dinge wat vir ons belangrik is:

01

Ons groei saam

Ons gesêls saam oor God en ons verhouding met Hom. Ons praat oor aktuele en relevante onderwerpe en hoe dit ons geloof raak. 

02

Ons kuier saam

By ons Donderdae ontmoetings fokus ons ook op verhoudingsbou. Ons wil graag hê jy moet nuwe vriende maak en 'n plek kry om jousself te wees. 

03

Ons leer saam

In ons groepe lê ons ook 'n klem daarop om meer oor God en die Bybel te leer. Daarom behandel ons deur die jaar ook Bybelstudie reekse oor bv. Bybelboeke of sekere Bybelse onderwerpe. 

04

Ons speel saam

Ons naskoolse groepe doen ook lekker aktiwiteite saam. Ons speel ten pin bowling, rolbal, games aande, gaan op 'n naweek wegbreuk en het ook 'n jaarlikse Magoebaskloof staproete wat ons saam aanpak. 

As jy betrokke wil raak by een van ons groepe, of graag wil kyk hoe ons funksioneer, of net meer inligting wil hê, is jy welkom om vir ds. Nico te skakel. 

ds. Nico
Share by: