As jy 'n nuwe intrekker in ons gemeente is - baie welkom by die Skuilkransfamilie! Laai asseblief die Nuwe Lidmaat-vorm hieronder af en stuur dit aan Heidi by lidmaat@skuilkrans.co.za of handig dit in by die kerkkantoor. Verken ons webwerf om 'n oorsig te kry van wat alles in ons gemeente gebeur.
Ons wil jou/julle graag leer ken en een van ons dominees wil jou/julle ook graag
persoonlik verwelkom deur te kom kuier en meer van ons gemeente te vertel.
Ons het ook spesiale Nuwe-lidmaat byeenkomste waarheen nuwelinge genooi word.