Kursusse

Bybelskool

By Skuilkrans glo ons dat geloofsvorming 'n voortdurende proses is. Dit stop nie die dag wanneer jy belydenis aflê of  klaar maak met die "amptelike" kerklike vormingstrukture nie. Ons glo dat geloofsvorming 'n lewenslange proses is vir gelowiges van alle ouderdomme. 

Daarom het ons in 2018 'n Bybelskool op die been gebring om 'n geloofsvorming geleentheid te skep vir mense wat graag meer van die Bybel en Bybel verwante onderwerpe wil leer. Daar is drie Bybelskool kursusse per jaar wat oor vyf of ses lesings van twee ure elk aangebied word. Een kursus 'n jaar handel oor die Ou Testament, een oor die Nuwe Testament en een oor 'n tema van geloof. 

Die Bybelskool bied jou die geleentheid om in jou geloof te groei en ook meer te leer van God se Woord. Alhoewel geen toetse of eksamens afgelê word nie, neem ons dit steeds ernstig op en nooi graag kundige teoloë om ons verskeie kursusse aan te bied. Daar is nie 'n ouderdomsbeperking op die Bybelskool nie en gelowiges van alle ouderdomme is welkom om die kursusse by te woon. 

Ontdek die vroeë kerk - Prof. Chris de Wet

Bybelstudie - Miga

Bybelstudie - Hebreërs

Bybelstudie - Die boek  Prediker

Wat dra my deur 'n Krisis - Zoom opnames

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Opnames

Ons neem al die sessies van elke kursus op, sodat jy weer na die tyd daarna kan luister, of as jy dalk een gemis het iewers, jy kan opvang. Die opnames is by Gretel by die kerkkantoor beskikbaar en ook op ons Bybelskool se GoogleDrive
Klik hier om opnames te sien

Alpha-Kursus

Die Alpha-kursus is ‘n uitsonderlike opleidingsgeleentheid wat wêreldwyd al meer as 17 miljoen mense toegerus het met ‘n beter begrip van wat ‘n verhouding met Jesus behels. Die kursus is ‘n geloofsaktiveringskursus wat strek oor ‘n periode van 12 weke en word reeds vir ongeveer 26 jaar lank reg oor die wêreld aangebied. In hierdie kursus word die basiese beginsels van ons Christenskap herbevestig. Die kursus bestaan uit saam eet en kuier voor die tyd, kyk na ‘n DVD en dan informele besprekings in kleingroepe. Voortspruitend hieruit word kleingroepe en nuwe vriendskappe op 'n natuurlike wyse gevorm.

Ons nooi jou graag uit om deel te neem aan hierdie kursus met die oog om kerkvreemde mense weer terug te nooi na die kerk. Dit is dus ‘n kursus met die klem op evangelisasie.
Kyk na hierdie video, as jy meer wil uitvind wat die Alpha-kursus behels

Hier is nog 'n paar videos as jy nog meer wil weet oor die Alpha-Kursus

Share by: