New Paragraph
My vroegste wortels is in Skuilkrans waar ek in 1975 by ds. Eugen Kruger gekatkiseer het. Ek is met Elfriede getroud en ons het twee dogters en ‘n seun, asook vier kleinkinders. Ek was sedert 1987 verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar ek professor in Ou Testament en Bybelse Argeologie was. Na verdere studie in Argeologie het ek ook geregistreer as ‘n professionele argeoloog in Suid-Afrika. In my vrye tyd geniet ek dit om voëls te bestudeer en is ook ‘n passievolle Voortrekker.