Jou diensbaarheid, voorbidding en finansiële bydraes ten bate van ons Gemeentebediening word baie waardeer.
Maar soos ʼn vlam nie anders kan as om te brand nie, kan ʼn Christen nie anders as om te getuig nie.
Klik "Ons Getuienisaksies" vir 'n samevatting van al ons pogings om getuies te wees. Bid vir leiding om die Geloofoffer-belofte vorm te voltooi. So kan jy jou verbind tot 'n eenmalige skenking of 12 maandelikse skenkings vir Getuienis. Stuur asseblief jou voltooide vorm aan ds. Nico Swart, sodat beplanning gedoen kan word.
(nico@skuilkrans.co.za)
Ons glo dat Skuilkrans bestaan ter wille van ander en met ons getuienisbediening reik ons uit na mense wat nie deel van ons gemeente is nie en dra ons iets van die Here se liefde die wêreld in.
Omdat elke lidmaat ‘n getuie is, daag ons alle Skuilkransers uit om vier dinge te doen:
Bid
Skryf in vir die Alpha-kursus
Raak betrokke by van ons projekte
Onderneem om 'n Geloof-offer bydrae te gee.