Wie is Skuilkrans NG Gemeente?


Skuilkrans NG Gemeente is ’n makro-gemeente in die ooste van Pretoria. Ons bedien ongeveer 2000 lidmate wat ’n breë demografie verteenwoordig. Dit is ons roeping om ’n veilige tuiste te wees vir elke mens wat in die geloof wil groei en saam uitreik na die gemeenskap om ons.

Lees meer oor ons

Ons gemeentebelydenis


As leerlinge van Jesus Christus

verwonder ons ons oor God,

sien ons mekaar raak en

omhels ons almal in ons wêreld.