HUISGELOOF

  • Wat is Huisgeloof?

    Dit is makliker om te sê wat Huisgeloof nié is nie.  Dit is nie ‘n program of ‘n preekreeks of ‘n kitsplan nie.  Dit is ook nie die nuutste kerkgier nie. Huisgeloof is ‘n reis wat jy saam met jou gesin behoort aan te pak.


    Met Huisgeloof gee ons uitvoering aan Deut. 6:4-6 wat sê:  “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.  Jy moet dit inskerp by jou kinders…”  Die beste (en belangrikste) plek om die nuwe lewe wat ons in Jesus het by ons jongmense in te skerp, is by die huis.  By Skuilkrans glo ons dat geloof wat by die huis gekweek en geoefen word, ‘n baie groot impak op jongmense en gesinne het. 


    Martin Luther het eenkeer gesê dat ons geroep is om biskoppe, apostels en priesters van ons eie huise te wees.  Die kerk sal jou oplei, jou aanmoedig en jou ondersteun in die rol waar jy ‘n “biskop, apostel of priester “ in jou eie huis moet wees, maar ons moet nooit die feit uit die oog verloor dat wat in die huis gebeur, belangriker is as wat by die kerk gebeur nie.  Dit is waar die tekkie die teerpad slaan.


    Daarom wil Skuilkrans Gemeente ouers, oupas en oumas en ander opvoeders se hande sterk maak deur geleenthede te skep waar julle gehelp kan word om die nodige vaardighede te bemeester vir hierdie reusetaak.  Terselfdertyd help dit ouers om iets betekenisvol te maak van die mylpale in julle kinders (en huismense) se bestaan en God se hand in julle lewens raak te sien en Hom daarvoor te eer.


    Regdeur die jaar gaan daar verskeie geleenthede wees waar ons jou gaan help om gemaklik jou geloof by die huis te beoefen en uit te leef.  By ons Huisgeloof-geleenthede gesels ons oor verskeie onderwerpe, onder andere hoe om as gesin saam Bybel te lees, hoe om vir mekaar te bid, hoe om gemaklik te praat oor geloof, hoe hanteer ek vrae oor geloof en nog vele ander.


    Hou asseblief jou oë oop vir geleenthede om by te woon.

"You are here" reeks weeklikse video's

week 1

week 2

Week 3

Week 4

Aanddiens-appstore weeklikse video's

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Huisgeloof dissipelskap reeks

Week 9 - Natanael

Week 10 - Simon

Week 11 - Jakobus die kleine

Week 5 - Jakobus

Week 6 - Andreas

Week 7 - Tomas

Week 8 - Filippus

Week 5 - Jakobus

Week 6 - Andreas

Week 7 - Tomas

Week 8 - Filippus

Week 1 - Inleiding
Week 2 - Petrus
Week 3 - Matteus
Week 4 - Johannes
Share by: