27 April 2025

9:00: Oggenddiens

Ds. Martin Reid

9:0O: Gesinsdiens

Geen

17:30 Aanddiens

Geen

Applous


Suid-Afrika se oudste en mees gewilde skoolkoorkompetisie kom maak weer ’n draai by Skuilkrans NG Gemeente! ATKV-Applous se streeksfees vind vanaf 15 tot 17 Mei by die kerk plaas en vanjaar het ’n rekordgetal van 92 kore ingeskryf! Die gemeente het dus weer die voorreg om ons deure oop te gooi vir duisende kinders, onderwysers, ouers en belangstellendes.

Ons wil gaste weer oor ons drumpel verwelkom met veilige parkering, lekker vetkoek, handwerk gerig op kinders en die immergewilde Barbiepopklere. Daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies van buite wees. Ons gaan, soos met vorige jare, hande nodig hê met ons parkering en stalletjies. Daar is oudergewoonte ’n Jotform-werksrooster, waarop jy jou tydgleuf kan kies om te kom help. Dan benodig ons ook skenkings van bestanddele. Hou gerus die tafels buite die kerk dop vir die inkopiesakke met bestanddeel-behoeftes daarop aangebring. Vat dit huis toe, vul dit en bring terug kerk toe. Elkeen se hulp is van onskatbare waarde.

Kom ons leef weer ons tema uit en maak van vreemdelinge vriende!

Druk hier om hulp te verleen

Wat gebeur binnekort?


BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: 
Skuilkrans NG Gemeente 
Tak:  ABSA 
Takkode:  632005 
Tipe rekening:  Tjekrekening 
Rekeningnommer:  70580403